Ysbeerswem van Bfn na Sutherland

Nagenoeg 30 dagswemmers het die ysige water van die Modder­rivier by Doringbos, Bloemfontein, op Saterdag 6 Julie aangedurf.


Nagenoeg 30 dagswemmers het die ysige water van die Modder­rivier by Doringbos, Bloemfontein, op Saterdag 6 Julie aangedurf.

“Die tweede van vier Goldco Spares-Ysbeer- swemgeleenthede die seisoen het vlot afgeloop,” sê Felix Burri, organiseerder.

“Van die beloofde honderde wat sou opdaag, was daar min te sien. Dit was teleurstellend. Die organiseerders het juis die geleentheid geskep sodat Bloemfontein se swemmers nie so ver Goudveld toe moet ry vir die besonderse geleentheid nie,” sê Burri.

Hy meen 2025 se swemreëlings sal geesdriftig aanpak word om die 30 jaar van die Ysbeerswem te vier.

“Vanjaar was die gees uit die boonste rakke, veral die nagswem – waar sewe dapperes die waters aangedurf het. Die baardveiling het R5 800 opbrengs gelewer, wat saam met skenkings van sowat R2 000 wat by die hek ingesamel is aan die Therapea-kinderhuis in Bloemfontein geskenk word.

“Daar is lekker gespeel op die 4 x 4-baan, en natuurlik was die wedywering tussen fabrikate ‘voet innie hoek!’ ”

Die volgende uitdaging word op 13 Julie in Sutherland aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.