Sedwin Gysman, die Hoërskool Witteberg se eerste rugbyspan se onderkaptein, in aksie.

Piet le Roux (foto) is as die speler van die wedstryd aangewys ná die eerstespan- seunshokkiewedstryd. Hy is Goudveld-Hoërskool se onderkaptein. Foto’s: Verskaf

Die Goudveld-Hoërskool en Hoërskool Witteberg het weer kragte gemeet in die Wesgrowliga

Op die rugbyveld het Witteberg stof in die Gouties se oë geskop met ‘n eindtelling van 38 – 17 in die besoekers se guns tydens die eerste-rugbyspanne se kragmeting.

Thabiso Pafudi, Arno Vosloo, Kamahelo Moloke en Lorenzo Martins van Goudveld het uitgeblink gedurende dié wedstryd.

Verdediging het die Gouties in die steek gelaat met tye, maar daar was goeie spel, wat die span in die toekoms ‘n gevaarlike opponent kan maak. Die speler van die wedstryd, Pieter Nel, van Witteberg het die Gouties deur die loop van die wedstryd op hul tone gehou.

Op die netbalbaan het Witteberg ook hul krag gewys teen die gasheerskool. Goudveld het wel gewys hulle staan nie terug vir die uitdaging nie, maar moes ongelukkig die knie buig. Die eindtelling was 47 – 35. Die speler van die wedstryd was Jané de Villiers van Witteberg.

Die eerste meisieshokkiespan se kragmeting was ook ‘n taai wedstryd en Witteberg het die voortou geneem in die eerste chukka en Goudveld gelykop aan die begin van die tweede chukka. Witteberg het met ‘n 2 – 1 voorsprong in die derde chukka ingegaan en beheer oor die wedstryd geneem. Witteberg teken ‘n derde doel aan om die derde chukka te beëindig. Die Witteberg-span het hulle sterte omhoog gehad en deur Ané Maritz met die wedstryd weggehardloop. Hulle met ‘n eindtelling van 6 – 1. Ané was die speler van die wedstryd.

Die eerste seunshokkiespan se wedstryd was ook opwindend. Die eerste chukka was hewig aangepak met nie een van die spanne wat die voortou geneem het nie, maar Goudveld wat vroeg in die tweede chukka die voortou neem deur kaptein, Waldo Barreto. Goudveld het hul sterte omhoog gehad en gedink hulle verdubbel weer die voorsprong deur hul kaptein, maar die skeidsregters het hul doelbeslissing omgekeer. Witteberg het gelykop gemaak om dit voor rustyd 1 – 1 te maak. Witteberg het momentum gekry ná daardie doel om dit 2 – 1 te maak in die derde chukka. Goudveld het hul bes probeer om deur hul spelskepper en onderkaptein, Piet Le Roux, gelyk te maak, maar Witteberg het sterk gestaan ​en die wedstryd met 2 – 1 gewen.

Piet was die speler van die wedstryd.

You need to be Logged In to leave a comment.