Drie vroue van Welkom – Melissa Maritz, Wilmien Godfrey en Salome Nel – het in 2021 in samewerking met Nalda Prinsloo van die venue Salt & Pepper die eerste Wintermark in Welkom begin, vir Welkom.

Die mark is goed deur die Goudveld ontvang en sal vir ’n derde jaar aangebied word, die Wintermark word met groot nostalgie van die ou Welkomse skou aangepak, en daar is selfs ’n mallemeule vir die vier dae van die mark.

Wilmien Godfrey

Melissa Maritz

Nalda Prinsloo

Samesyn, glimlagte, kinders wat speel, heerlike kos, musiek en die lekker lag van tevrede besoekers is wat jy sal sien wanneer jy by die Wintermark instap.

Die vroue is baie opgewonde en werk hard om ’n groter en beter mark in Mei die jaar aan te bied, danksy die positiewe ondersteuning van die gemeenskap van die Goudvelde sien die Uitstallers van oor die hele land, wat almal entrepreneurs is en ’n inkomste uit die mark verkry, uit na nog ’n suksesvolle mark.

Dit het die organiseerders laat besluit om ’n geleentheid te skep vir elke entrepreneur, besigheidsman en persoon wat hul handgemaakte artikels wil verkoop, om by die mark uit te stal.

Die Wintersmark begin op die nasionale Stemdag, en die mark bied elke dag van 08:30 tot 22:00 aktiwiteite en musiek vir groot kuier vir die Goudvelders.

You need to be Logged In to leave a comment.