Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks: Spanne pak mekaar aan in Welkom

Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Trio in Kroonstad het as oorwinnaars van die veld gestap tydens Saterdag 27 April se kragmeting as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks-wedstryde.


Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Trio in Kroonstad het as oorwinnaars van die veld gestap tydens Saterdag 27 April se kragmeting as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks-wedstryde.

Die kragmeting het op die Goudveld-Hoërskool in Welkom se velde plaasgevind. In die rugby het Trio sewe van die agt wedstryde gewen.

Die eerste rugbyspan wen Goudveld 21 – 5, die tweede span wen 12 – 8 en die derde spanne het 14 – 14 gelykop gespeel.

Met die rygbykragmetings het Trio sewe van die agt wedstryde met oortuigende eindtellings gewen.

Slegs nege van die 14 netbalwedstryde is deur Goudveld op hul tuisvelde gewen.

Goudveld wen die eerste netbalwedstryd (o.19A) met 26 – 23, en die o.19B-span hul wedstryd 8 – 11.

Die Goudveld-Hoërskool se tweede meisieshokkiespan wen hul wedstryd teen Trio 3 – 0.Foto: Verskaf

In die hokkie wen Trio vyf van die agt wedstryde in die seuns- en meisies-afdelings.

Hulle speel gelykop in twee van die wedstryde.

Die uitslae van die hoofwedstryde is soos volg, met Trio se puntetelling wat eerste aangeteken is:

Rugby:

o.19A: 21 – 5; o.19B: 12 – 8; en o.19C: 14 – 14.

Netbal:

o.19A: 23 – 26; o.19B: 8 – 11; o.19C: 6 – 27; o.19D: 1-34; en o.19E: 4 – 9.

Seunshokkie:

Eerstespan: 6 – 0; tweede span: 1 – 1.

Meisieshokkie:

Eerstespan: 1 – 0; tweede span: 0 – 3.

You need to be Logged In to leave a comment.