Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks: Eindfluitjie geblaas

Die Goudveld-Hoërskool se o.18A-hokkiespan het ’n oorwinning van 4 – 2 behaal in hul wedstryd teen die Hoërskool Sentraal in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks wat Saterdag 20 Julie in Bloemfontein beslis is.

Grace Khumalo (links) van die Goudveld-Hoërskool en Elnita Wessels van die Hoërskool Sentraal speel in die wedstryd tussen die o.18A-spanne Saterdag 20 Julie op die sintetiese hokkieveld by Sentraal in Bloemfontein.

Karli Oosthuizen Credit: Inge Strydom

Die Goudveld-Hoërskool se o.18A-hokkiespan het ’n oorwinning van 4 – 2 behaal in hul wedstryd teen die Hoërskool Sentraal in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks wat Saterdag 20 Julie in Bloemfontein beslis is.

Die o.18B-span het ook gewen met 2 – 0.

Op die rugbyveld het Goudveld se o.19A-span die Sentraal-span met 34 – 12 getroef, gevolg deur die o.19B-span van Goudveld wat Sentraal in hul wedstryd met 31 – 24 gewen het.

Die laaste wedstryde in die Wesgrow-reeks is nou afgehandel en die wenspanne sal binnekort aangekondig word.

You need to be Logged In to leave a comment.