Mine Reynders van Welkom van die Vrystaat-streek.Foto: Solidariteit


Mine Rynders van Welkom is een van 12 maatskaplike werkers landswyd wat as ’n Hoopdraer vir die Vrystaat-streek gekies is.

Solidariteit Helpende Hand, in samewerking met Solidariteit se Beroepsnetwerke ter viering van Maatskaplike Werkersdag, het twaalf maatskaplike werkers van reg oor die land as Hoopdraers van hul gemeenskappe aangewys.

Internasionale Maatskaplike Werkersdag is vanjaar op 19 Maart gevier.

“Dit is ’n dag van eerbetoon, ’n dag waarop die onbaatsugtige werk van maatskaplike werkers gevier word. Hulle is die stille bouers van hoop in ons samelewing is,” sê Phillip Bruwer, Solidariteit Helpende Hand se mediaskakelbeampte.

Ontvangers van die toekennings is vroeër vanjaar deur die publiek genomineer vir hul passievolle toewyding en die bevordering, herstel en verbetering van maatskaplike funksionering in hulle gemeenskappe.

Bruwer sê die doel van hierdie toekennings is nie net ’n simbool van waardering nie, maar ’n huldeblyk aan die individue wat die ekstra myl stap om ander te ondersteun en gemeenskapslede te help ontwikkel sodat gemeenskappe gesond kan funksioneer.

Die 12 maatskaplike werkers wat vanjaar vereer is, het nie net ’n verskil gemaak nie. Hulle het diep spore van hoop en positiewe verandering nagelaat in die lewe van diegene wat hulle gedien het.

“Ons bedank hulle vir hul onuitputlike toewyding en ons vier die verhale van hoop wat hulle moontlik gemaak het.”

  • Vanjaar se hoopdraers is: Janetta Uys van Mookgophong vir die Limpopo-streek;) Tarina Hattingh van Secunda vir die Mpumalanga- en KwaZulu-Natal-Noord-streek;) Estelle van Aarde van Kathu vir die Noord-Kaap-streek;) Nuansa Vogel van Klerksdorp vir die Noordwes-streek;) Mariza Kitching van Amanzimtoti vir die KwaZulu-Natal-streek;) Alida Jooste van Alberton vir die Oos-Rand-streek;) Nicky McDonald van Pretoria vir die Pretoria-Oos-streek;) Suzanne van Deventer van Pretoria vir die Pretoria-streek (wat die noorde, weste, Moot-gebied tot by Bronkhorstspruit insluit);) Claudia-Lee Hunter van Centurion vir die Sentraal-streek (wat sentrale Pretoria en Centurion insluit);) Mine Rynders van Welkom vir die Vrystaat-streek;) Azille Visser van Bellville vir die Wes-Kaap-streek; en) Luandrie van den Berg van Krugersdorp vir die Wes-Rand- en Vaaldriehoek-streek.

You need to be Logged In to leave a comment.