Wenrugby gevier

Welkom-Gimnasium kraai weer koning as die rugbyskool van die Noord-Vrystaat en is ’n tweede jaar agtereenvolgens die wenspan in die Kovsie-beker­reeks.


Welkom-Gimnasium kraai weer koning as die rugbyskool van die Noord-Vrystaat en is ’n tweede jaar agtereenvolgens die wenspan in die Kovsie-beker­reeks.

Dié skool was onoorwonne in die Griffon-hoërskoleliga, tot met die eindstryd teen die Hoërskool Voortrekker op 3 Augustus, toe hy met 28 – 36 verloor het om tweede in die liga te eindig. In die eindstryd van die Kovsie-bekerreeks in Bloemfontein op 24 Augustus het Gimnasium Voortrekker egter met 27 – 19 geklop.

In die onlangse halfeindstryd het Gimnasium die Hoërskool Duineveld in Kimberley met 44 – 21 geklop.

Op drie bronne se lys van die 100 topskole is Gimnasium as 29ste in die land gelys. Sedert Februarie het dié span 17 wedstryde gespeel, waarvan 12 gewen is en een gelykop geëindig het. Vir die seisoen het die span 557 punte aangeteken, met 413 teen hom.

Gimnasium het albei sy wedstryde tydens op Absa Wildeklawer-sportbyeenkoms in Kimberley gewen, en is weer na dié gesogte rugbyfees genooi.

Gimnasium het ook sewe voorseisoenwedstryde gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.