Welkom-prokureur mag appelleer oor borgtog

’n Prokureur van Welkom wat in aanhouding is nadat sy borgtog hangende sy vonnisverrigtinge in die hooggeregshof in Bloemfontein ingetrek is, mag nou appelleer oor die weiering van borgtog, het die appèlhof bevind.


Welkom prokureur weer in hooggeregshof

Welkom prokureur weer in hooggeregshof
’n Prokureur van Welkom wat in aanhouding is nadat sy borgtog hangende sy vonnisverrigtinge in die hooggeregshof in Bloemfontein ingetrek is, mag nou appelleer oor die weiering van borgtog, het die appèlhof bevind.

Dié appèl word vroeg in November deur ’n volbank regters in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor.

Die prokureur, wat vroeër skuldig bevind is dat hy sy twee stiefdogters en hul niggie verkrag het, het hom tot die appèlhof gewend nadat regters Soma Naidoo in September vanjaar sy borgtog hangende sy vonnisoplegging teruggetrek het.

Hy het vroeër in hofstukke aangevoer sy grondwetlike reg tot vryheid is op die spel en dat die appèl op ’n dringende grondslag aangehoor moet word. Daarbenewens is dit duidelik en onbetwisbaar dat hy nie vir ’n langer tydperk soos deur die reg en die Grondwet vereis, aangehou moet word nie. Sy voortgesette aanhouding belemmer ook die verdere voorbereiding van sy verhoor en von­nisverrigtinge en dit is uiters moeilik om met sy regspan te konsulteer.

Hy het verder in die hofstukke aangevoer dat daar geen regverdigbare rede is om sy borgtog terug te trek nie.

Die prokureur het in Mei vanjaar op 16 aanklagte skuld beken, waaronder drie van verkragting, vyf van seksuele aanranding en twee van seksuele gereedmaking.

Hy het beken dat hy sy twee stiefdogters en hul niggie tussen 2010 en 2015 in Virginia en Welkom verkrag het.

Die prokureur het ook skuld beken op vier aanklagte van seksuele aanranding deurdat hy twee maatjies van sy stiefdogters op die mond gesoen het. Hy het hom ook teen een van hulle vasgedruk en sy geslagsdeel teen een van hulle gedruk. Die prokureur se dade het in Januarie 2017 ná ’n rusie met sy vrou en stiefdogter op die lappe gekom.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.