Mandrax-tablette met ’n straatwaarde van R48 000 is tydens ’n polisieklopjag in Bronville gevind.
Lede van Welkom se K9-eenheid het inligting oor dwelmhandel in Bronville ontvang en ’n huis in Goldingstraat genader.
Hulle het op 601 tablette beslag gelê. Hulle het ook R2 170 kontant gekry.
’n Twee-en-dertig-jarige verdagte is op 14 November vir handel in dwelms in hegtenis geneem.
Die waarnemende distrikskommissaris van Lejweleputswa, brig. Envor Solomon, het inwoners van Bronville geloof dat hulle polisielede met hierdie inligting wat tot die inhegtenisneming en beslaglegging gelei het, vertrou het.
Hy het die lede van die K9-eenheid toegejuig vir hul vinnige reaksie.