Wees geldslim vir die Feesseisoen

Met die Feesseisoen, en dae soos Swart Vrydag om die draai, is nou die ideale tyd om oor jou uitgawes te besin. Baie verbruikers bestee dan geld wat hulle nie het nie; of gebruik hul spaargeld.


Met die Feesseisoen, en dae soos Swart Vrydag om die draai, is nou die ideale tyd om oor jou uitgawes te besin.

“Die werklikheid is dat baie verbruikers geen ander keuse het as om geld te bestee wat hulle nie het nie, of dat hulle hul spaargeld gebruik sodat hulle kan uitkom in die maand. Dit laat hulle kwesbaar vir toekomstige onvoorsiene finansiële moeilike tye.”

Aan die woord is Wikus Olivier, besturende direkteur van CreditSmart Finansiële Dienste.

Hy gee die volgende wenke oor hoe om geldslim te wees:

Met die Feesseisoen, en dae soos Swart Vrydag om die draai, is dit nodig om geldslim te wees.

1. Jy sal nie “finansieel wen” mits jy ‘n begroting het nie.

Lys jou inkomstes en uitgawes en trek jou totale uitgawes van jou inkomste af. Gaan jou transaksies na en identifiseer areas van oorbesteding. Indien jy nie jou volle finansiële prentjie begryp nie, sal jy nie werklik besef wanneer jy jou swaarverdiende geld mors nie.

2. Om ‘n begroting in plek te hê is noodsaaklik.

Dit is ook belangrik om nie-noodsaaklike uitgawes (soos wegneemetes of duur uitrustingsaankope) uit te skakel of tot die minimum te beperk. Waarom nie ‘n luukse of geen-impulsiewe bestedingsvriesmaand probeer nie? Sê nee vir enigiets wat nie ‘n noodsaaklikheid is nie.

3. Bestuur jou elektrisiteitsuitgawes.

Hoekom nie die aanlyn-selfdiens meterbestuurstelsel probeer en seker maak dat jy nie meer betaal as wat jy moet nie?

4. Hersien jou subskripsies, lidmaatskap en polisse.

Kanselleer daardie pakette waarsonder jy kan lewe of nie werklik gebruik van maak nie. Jy kan ook ander alternatiewe oorweeg of kostes tussen familielede deel (byvoorbeeld ‘n internetpakket-opsie). Hersien jaarliks jou versekeringspolisse om te kyk waar jy ‘n paar rand kan spaar.

5. Kruideniersware is duur, maar slim koop is moontlik.

Weet wat items kos en oorweeg die beste prys voordat jy aankope doen. Vergelyk grootmaat- teenoor enkel-item pryse. Beplan jou tuisgemaakste etes deur ‘n inkopielys op te stel en daarby te hou.

Vermy impulsiewe aankope tydens jou uitstappies en vra jouself af: “Benodig ek werklik hierdie item?”

6. Kyk na tweedehandse opsies – klere, huishoudelike toerusting en meer – in plaas van om heeltyd nuwe items aan te skaf.

7. Soek maniere om jou inkomste aan te vul.

Al hoe meer verbruikers bestee geld wat hulle inderwaarheid nie het nie. Daar is maniere om uit die ewige skuldsiklus te kom.

Doen byvoorbeeld vryskutwerk of verkoop ongebruikte (en nog-in-‘n-goeie-toestand) items aanlyn. Om elke maand ‘n paar rande weg te sit, kan ‘n lewensredder en veiligheidsnet tydens ‘n noodgeval of onvoorsiene gebeurtenis wees.

8. Probeer om jou skuld te verminder.

Indien jy erge spanning beleef weens jou kredietkaart, lenings of ander skuldverpligtinge, kontak die diensverskaffers om beter terme op jou paaiemente te kry en jou fasiliteite te optimaliseer.

Indien jy nog nie kon wen met jou onderhandelinge met jou krediteure nie, of as jy reeds agter is met betalings en dalk terugneem-van-goedere in die gesig staar, oorweeg gereguleerde skuldoplossing.

Onthou: ‘n Skuldberader moet geregistreer wees en aan die Nasionele Kredietwet voldoen.

Die professionele persoon sal namens jou onderhandel of kommunikeer om jou te help om uit ‘n kredietgemors te kom. Dit is jou geleentheid om jou skuld (een vir een) uit die weg te ruim sodat jy in die toekoms weer kan begin geld spaar.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.