Wees Christus se lig vir hulle wat om jou woon

“Ligte” is ’n gepaste woord op my lippe vandag. As ek in die Bybel na die woord soek is daar soveel mooi verse wat my wys na die een wat die lig vir die wêreld is.


“Ligte” is ’n gepaste woord op my lippe vandag. As ek in die Bybel na die woord soek is daar soveel mooi verse wat my wys na die een wat die lig vir die wêreld is.

In Johannes 8:12 lees ons: “Ek is die lig vir die wêreld, wie my volg sal nooit in die duisternis lewe nie maar sal die lig hê wat lewe gee.”

As ons vir die woord “ligte” betekenis gee, sou ek dit soos volg verwoord.

“L” staan vir liefde vir jou naaste en jouself. Jesus het dit ons gegee as ’n opdrag. Dit is die belangrikste naas die eerste gebod: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, siel, verstand en met al jou krag.”

Ons is soms suinig met ons liefde. Ons kan mekaar eerder verskeur as omhels.

Dit laat my dink aan ’n vrou wat vir Churchill gesê het: “If you were my husband. I would give you poison!” Churchill het geantwoord: “If you were my wife, I would gladly drink it!”

Geen wonder nie dat ons net genoeg liefde het om mekaar te haat, nie genoeg om mekaar lief te hê nie.As jy nie lief het nie, skyn jou lig maar floutjies of dit is eintlik afgeskakel.

“I” staan vir “imitate” om iemand se voorbeeld te volg. Dit beteken mense wat sê hulle glo in Jesus, moet presies doen wat Jesus gedoen het en sy voorbeeld volg.

Ek en jy is Christus se verteenwoordigers hier op die aarde. Ons is hier om namens Christus op te tree. Kom ons maak Jesus se stories weer lewend in vandag se lewe. Elke verhaal wat ek so in die Bybel lees, gee vir seker vir my weer hoop.

“G” staan vir gee 100% van jouself! Joan Baez, ’n folksangeres van lank terug, het ’n slim ding gesê: “You don’t get to choose how you are going to die or when. You can only decide how you’re going to live.”

Ek wil graag onthou word as iemand wat my 100% vir Jesus gegee het want as ek dit doen, het ek 100% sinvol geleef en boonop die lewe geniet.

Om jou 100% te gee beteken dat jy altyd sal doen wat jy glo. Wat glo jy? Om Jesus met en in alles te vertrou. Met ander woorde “you practice what you preach”.

“T” staan vir Tree gasvry op. Gasvryheid is ’n kenmerk van elke Christen, omdat God ons laat tuis voel het, laat ons ander ook tuis voel. Deur gasvry teenoor ander mense te wees onthaal jy eintlik vir Jesus self.

Daar is niks so kosbaar soos om met mekaar vriendelik te wees nie, mooi woorde te spreek en daarby vir mekaar te wys jy gee om.

“E” staan vir vertel die evangelie aan ander.

Wat beteken die woord “evangelie?” William Tyn­dale, die Bybelvertaler, skryf in 1525 in sy voorwoord tot die Nuwe Testament, Evangelie – wat kom van die Griekse woord Euangelio – beteken goeie, gelukkige, blye en vreugdevolle nuus, wat ’n mens se hart bly maak en jou laat sing, lag, dans en spring van vreugde.”

Dit is my gebed. Dat ons weer vir die woord “Ligte” betekenis gee vir vandag.

Jesus, U weet sonder U kan ek nie skyn nie. Maak my weer die persoon vol liefde; U voorbeeld te volg deur om te gee vir hulle om my, sodat ek weer kan sing, lag, dans en soveel vreugde sal ervaar, met die wete dat U wat binne my is, die verskil maak rondom my. – Heidi Mc Laren is ’n jeugleraar aan dieNG kerk Bedelia

You need to be Logged In to leave a comment.