Kobus Steenkamp (68)Foto: Facebook

Credit: SYSTEM

’n Bekende boer en gemeenskapsleier van Bultfontein is dood nadat hy vermoedelik deur weerlig getref is.

Kobus Steenkamp (68) was in 2016 voorsitter van die Bultfontein-distrikslandbouvereniging.

Hy is Donderdagaand op pad na die hospitaal dood nadat hy in die swaar weer in die veld uitgegaan het en later bewusteloos aangetref is.

Herman Meiring, voorsitter van die landbouvereniging, het sy dood bevestig.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê Steenkamp het Donderdag (20/10) omstreeks 21:00 in die veld uitgegaan om sy skape bymekaar te maak en die hekke toe te maak.

Sy vrou het bekommerd geraak toe hy nie terugkeer nie. Sy het die buurman gekontak wat met sy kinders gery het om Steenkamp te help soek.

Ná ’n lang soektog het die buurman Steenkamp bewusteloos in die veld sien lê.

Hulle het hom na die hospitaal gebring, waar hy met hul aankoms dood verklaar is.

  • Steenkamp is vermoedelik deur weerlig getref, maar ’n lykskouing sou gedoen word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak 4-waarskuwing vir Saterdag uitgereik vir donderstorms oor Mpumalanga, die suidelike dele van Limpopo, die noordelike en oostelike dele van KwaZulu-Natal en die noordoostelike dele van die Vrystaat. – Netwerk24

You need to be Logged In to leave a comment.