Die Rotary Goldfields Sunset sal weer die jaarlikse Rotary in Action Madiba 67 Minute Walk for Charity aanbied.
Die geleentheid vind op 18 Julie vanaf die Rhino-ingang van die Goldfields Mall plaas. Registrasie sal vanaf 12:00 plaasvind en die stap begin om 17:30.
Die kostes is 10km (R70, geregistreerde wedren), 5km (R30 (pretstap), 2km (spesiale roete vir senior burgers en rolstoele).
Skenk asseblief enige nie-bederfbare of troeteldierkos aan Rotary Club of Goldfields Sunset.
Vir meer inligting kontak Dulcie Harris by 048-994-164.