Twee leerlinge aan Welkom-Gimnasium, Tiaan Greyling en Shyenne Laubscher, het op 1 April aan die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskapsbyeenkoms in Stellenbosch deelgeneem. Tiaan (o.19) was kaptein vir Noord-Vrystaat. Hy was 48ste uit 53. Sy tyd vir hardloop was 2:18:53, met 1:20:85 vir swem, met ’n puntetelling van 1956.69. Tiaan is tweede in die Noord-Vrystaat. Shyenne (o.17) was 38ste uit 58. Haar tyd vir hardloop was 3:05:89, met 1:14.32 vir swem, albei persoonlike bestes. Haar puntetelling was 1977.62 en sy is eerste in die Noord-Vrystaat. Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM