Heidi McLaren

NG Bedelia-Oase Gemeente

In God se Woord lees ons verhale van vroue. Dit is ‘n inspirasie om uit hul lewe iets daarvan vir myself te neem. Ek deel die vyf vroue, en my gebed is dat hulle ons sal inspireer om na meer vroue uit God te Woord te kyk.

Jogebed was beskermend en het haar seun Moses vir drie maande weg gesteek vir ‘n koning en soldate, dit was teen die wet daardie tyd. Sy neem ‘n kans in gevaarlike tye. God maak haar getuienis om tyd saam met ons kinders te koester.

As ons van Moses praat kan ons nie anders as om die tweede vrou Miriam te maak nie. Haar lewe getuig van kleins af van lofprysing en dat God altyd uitkoms gee. Miriam was nie net dapper om na Farao se dogter te stap en te sê sy ken ‘n Hebreeuse vrou wat Moses kan groot maak nie, sy was vol lofprysing aan God wat hulle volk uit slawerny geneem het. In Eksodus 15:20-21 lees ons Miriam het die lied gesing: “Sing vir die Here, want Hy het geseëvier; Hy het perd en ruiter in die see geslinger.” Miriam het geweet hoe om God in vreugde te aanbid. Om God se grootheid om haar raak te sien. Te sien hoe Hy dinge verander, ‘n volk kan red en lei.

Ons derde vrou leer ons dat skoonheid ons vol krag en waardigheid kan maak. Ester het 12 maande van voorbereidings om die koning te ontmoet. Sy is alleen, was ‘n weeskind. Deur al die opwindende en vol verrassende gebeure in en om die paleis leer Ester ons deur haar stil getuienis van vas, gebed en God vertrou. Neem aanmoediging uit die verhaal van Ester dat een mens ‘n verskil kan maak. Ester was ‘n kandidaat om koningin te word, maar God het ‘n weg gebaan omdat Hy ‘n nasie moes red. God plaas ons in situasies, wat getuig ons voorbeeld?

Ons vierde vrou is Hannah; wat ‘n merkwaardige vrou van geloof. Sy staan bekend as ‘n vrou wat vurig is in gebed met sterk geloof in God. Sy het ‘n gelofte aan God afgelê dat as Hy haar onthou en vir haar ‘n seun gee, sal sy hom aan God teruggee. Ek is so opgewonde om jou te vertel dat Hanna geboorte gegee het aan ‘n seun en hom Samuel genoem het. Die naam Samuel beteken “van God gevra”. Hanna het haar belofte nagekom en haar seun aan God toegewy.

Ons vyfde vrou is Maria, wat bekend staan as die “Maagd Maria”. Haar geloof in God was so sterk dat sy dapper “ja” vir Hom gesê het toe Hy haar gevra het om die maagdelike moeder van Jesus te wees. Maria wil ons leer dat ons God moet ken soos sy. Om “ja” te sê vir God se plan, soos Hy wil. Om ons te leer dat niks onmoontlik is vir God nie.

You need to be Logged In to leave a comment.