Tydens ’n padverspering op die N1 by Ventersburg is sewe mense vir onwettige immigrasie in hegtenis geneem.
Die optrede is op Saterdag 18 November tussen 12:00 en 14:00 op N1 Hoofweg Noord gehou, en verskeie polisie-eenhede insluitend die Lejweleputswa se sigbare polisiëringseenheid, openbare-orde, provinsiale kommunikase van die polsie en die departement van binnelandse-sake. Die operasionele bevelvoerder was brig. Disebo Cezula.
Die polisie het 103 voertuie deursoek en 243 mense se besonderhede is nagegaan. Buiten die mense wat vir onwettige immigrasie in hegtenis geneem is, is twee verkeersboetes ook uitgereik.
Kapt. Stephen Thakeng, Lejweleputswa-skakelbeampte, sê daar sal tydens die Kerstyd beslis meer voete op die grond wees om te verseker dat motoriste en inwoners veilig is.