Daar is 586 mense agter tralies ná die suksevolle hoëdigtheid-operasie Shanela in die week 4 tot 11 Februarie.
Dit is in al vyf distrikte in die provinsie gehou, met die fokus op die bevordering van misdaadvoorkoming.
Interdepartementele samewerking tussen polisie-eenhede en eksterne belanghebbendes, insluitend die SAID, die Departement van Arbeid, DESTEA en die Verkeersdepartement, is gehou.
Shanela het verseker dat 638 verdagtes agter tralies is, insluitend 211 van dié wat deur die speurders in die gesoekte sake opgespoor en in hegtenis geneem is.
Shanela fokus meestal op vuurwapens, moorde, verkragtings, trio-misdade en verswarende rooftogte. Padblokkades en voertuigbeheerpunte is in brandpuntgebiede gehou.
Daar sal 427 verdagtes in verskillende howe in die provinsie op aanklagte wat wissel van onder meer gewapende roof, sakeroof, moord, poging tot moord, verkragting, poging tot verkragting, aanranding GBH, huisbraak en dwelmverwante misdade, verskyn.
Dit sluit 66 ongedokumenteerde verdagtes in.
Die polisie het daarin geslaag om onder meer op drank, verskillende soorte ammunisie, rekenaars, dwelms, koper, vervalste goedere en gevaarlike wapens, insluitend vuurwapens, te beslag gelê en terug te vind.
Vuurwapens wat tydens hierdie operasies gevind word, sal vir ballistiek gestuur word om te kyk of dit in die pleging van ander misdade gebruik is.
Een noemenswaardige sukses was toe ’n 51-jarige man in met onwettige sigarette en vervalste goedere met ’n geraamde waarde van R1,35 miljoen in hegtenis geneem is.
In Welkom het die anti-bende-eenheid ook beslag gelê op onwettige sigarette en vervalste goedere ter waarde van sowat R100 000.