Candida (Candy) Crystal Smith (46) is aan belastingverwante oortredings skuldig bevind. Foto: Valke


Die maatskappydirekteur Candida (Candice) Crystal Smith (46) is op Vrydag 2 Februarie deur die Bloemfonteinse landdroshof skuldig bevind en is gevonnis vir bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.

Haar vonnisoplegging volg ná ’n ondersoek van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat dit aan die lig gebring het dat sy vals opgawes vir die belastingtydperk 2019 tot 2020 ingedien het.

Gevolglik het die SAID ’n verlies van sowat R472 701 gely.

Die saak is aan die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoekeeneheid in Bloemfontein oorhandig wat op die vonnisoplegging uitgeloop het.

Smith is gevonnis tot ’n boete van R300 000 of drie jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is.

Sy is ook beveel om die oorblywende bedrag teen 2029 terug te betaal.

Vista het in 2020 berig dat Smith, wie gebore en getoë in Welkom is, die vrou agter verskeie platforms is wat daarop gemik is om die jeug in ontwerpkuns in die Vrystaat te bemagtig.

Smith is ’n bekende Vrystaatse sakevrou wat geassosieer word met ondernemings soos Vrystaat Modeweek.

You need to be Logged In to leave a comment.