Vrystaatse polisie behaal verskeie suksesse

Verskillende wetstoepassers is ontplooi om onwettige mynbou in die Vrystaat te polisieer.


Verskillende wetstoepassers is ontplooi om onwettige mynbou in die Vrystaat te polisieer.

Daar is beslag gelê op hoesstroop by gekontrakteerde sekuriteitsbeamptes by die Kopanang-myn. Foto: SAPD

Hierdie kos was bestem vir onwettige mynwerkers by die Kopanang-myn.Foto: SAPD

Dinsdag 29 Oktober het lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en private sekuriteitsmaatskappye ’n 64-jarige man in besit van vermoedelik gesteelde eiendom, in hegtenis geneem.

Die verdagte is in die Beatrix-goudmyn gebied opgemerk en in hegtenis geneem. Hy het ’n groot hoeveelheid koperkabel, wat agterop ’n vermoedelik gesteelde wit Corsa-bakkie gelaai was, in sy besit gehad.

“ ’n Saak van besit van vermoedelik gesteelde eiendom, vir albei die koperkabel en motorvoertuig, en beskadiging of gepeuter met noodsaaklike infrastruktuur is by die Theunissen-polisiestasie oopgemaak,” sê lt. kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder.

Tydens ’n ander voorval is nege sekuriteitsbeamptes by die Kopanang-myn in hegtenis geneem. Hulle het na bewering onwettige mynwerkers bygestaan.

Toe die polisie die verdagtes deursoek het, het hulle het op smokkelgoedere soos BronCleer-hoesstroop, spaghetti, rys, brood en soja-maalvleis gevind en ook vyf selfone is gekonfiskeer. ’n Saak van sameswering om misdaad te pleeg, met bykomende aanklagte van oortreding van myngesondheid-en-veiligheid en geldwassery word ondersoek, sê Covane.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.