Die skokkende onthulling deur Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, dat 40% van 2023 se gr. 10-leerlinge in die Vrystaat gedruip het, bevestig die standpunt dat moedertaalonderrig die sleutel is om die hoë druipsyfer aan te spreek.
Dié algemene mening in Vrystaatse onderwysgeledere is dat dit nie help dat dié provinsie die beste matriekslaagsyfer in die land het nie, maar vier uit elke tien gr. 10-leerlinge druip in dieselfde jaar nie. Hulle meen hierdie leerders sal binnekort deel van die 44% werkloses in die provinsie wees.
Die vorige Vrystaatse LUR vir onderwys, Tate Makgoe, het verlede jaar in sy begrotingstoespraak erken dat meer gedoen moet word om die provinsie se amptelike tale (Afrikaans, Sotho en Engels) as onderrigmedia te versterk.