Die lede van Area 8 van die Vrystaatse Vroue Landbou-Unie (VVLU) het die jaarlikse kongres in Bloemfontein op 4 en 5 September bygewoon.

Die tema van die kongres was “Kaalvoet dapperheid.”

Die vroue het die voorreg gehad om na twee sprekers, Milanie Vosloo (skrywer van dagstukkieboeke) en Ds. Bles de Klerk (Boer in ’n rolstoel uit die Noord-Kaap, wie se plaas en beeste in ’n brand verwoes is verlede jaar).

Jacobus Silwer is as die kunstenaar van die jaar vereer en die vroue het sy kort vertoning baie geniet.

VVLU se projek van die jaar was die CHOC-huis in Bloemfontein waar kinders met kanker versorg word. Vanoor die hele Vrystaat is sakkies gepak met speelgoed, toiletware, lekkers en allerlei benodigdhede vir die kinders en dit tydens die kongres aan Sonet van Zyl, streekbestuurder van CHOC oorhandig.

Kompetisies was ook deel van die kongres. Nelia van Wyk en Trudie Erasmus van Welkom se Jubileum-tak spog met eerste plekke vir borduur- en breiwerk.

“Area 8 is trots op die tweede plek in die Vrystaat wat hulle behaal het. Alstesaam 9 artikels is deur na die SAVLU-kongres wat in Oktober in Polokwane gehou gaan word,” sê Annette van der Merwe, woordvoerder vir Area 8.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025