Vrou se naasbestaandes gesoek ná moord

Die Brandfort-polisie soek na die moordenaar van ’n vrou wie se lyk verlede Donderdag naby die begraafplaas gevind is.


Die Brandfort-polisie soek na die moordenaar van ’n vrou wie se lyk verlede Donderdag naby die begraafplaas gevind is.

Sy was halfnaak en sy het verskeie steekwonde aan haar nek gehad. Daar is ’n tatoeëermerk van sterre aan haar regtervoet en die name Omphile en Atli aan haar linkerhand.

Enigeen met inligting oor die moord of die vrou se naasbestaandes kan sers. Mzwandile Mkhombeni by 082-466-8458 of die stop misdaadnommer by 0860-010-111 kontak.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.