Vrou in boeie ná wrede aanval

’n Vrou van Hennenman is Saterdagmiddag verskeie kere met ’n gebreekte bottel in haar kop, nek en gesig gesteek.


  • Wreed deur ex loseerder aangeval
  • Vrou eis R1000 en toe val sy slagoffer met ‘n gebreekte wynbottel aan
  • Die aanvaller sal van poging tot moord aangekla word

____________________________________________________________________________________________

’n Vrou van Hennenman is Saterdagmiddag verskeie kere met ’n gebreekte bottel in haar kop, nek en gesig gesteek.

Lenie Schoeman (69) se vermeende aanvaller, ’n 50-jarige vrou, het voorheen by haar geloseer.

Lenie Schoeman in die hospitaal ná die aanval op haar

Die aanvaller het Lenie Schoeman in haar kombuis aangeval en met ’n gebreekte wynbottel gesteek.

Die aanvaller het Lenie Schoeman glo in ’n stadium in die bad probeer indwing.
Lenie Schoeman (69) is met ’n gebreekte wynbottel

Lenie Schoeman (69) is met ’n gebreekte wynbottel in haar gesig, nek en kop gesteek.

Schoeman sê die aanvaller het met die voorval op 28 Oktober geëis dat sy haar R1 000 gee.

Toe sy weier, het die vrou haar met ’n wynbottel begin aanrand.

Die vrou het ook ’n ander bottel gebreek en haar daarmee begin steek.

Sy het gesê sy gaan Schoeman doodmaak as sy nie vir haar geld gee nie.

In ’n stadium het die vrou Schoeman glo in die bad in probeer dwing om haar te verdrink.

Schoeman het toe die vrou weg is na haar buurvrou gekruip.

Sy het heelwat bloed verloor, en die buurvrou het ’n ambulans ontbied.

Schoeman is Maandag uit die hospitaal ontslaan en het ’n klag by die polisie ingedien.

Die vermeende aanvaller het volgens inwoners voor die tyd van die aanval eers op ander plekke in die dorp geld gebedel.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die aanvaller is Maandagmiddag in hegtenis geneem en sal van poging tot moord aangekla word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.