Vra maar net, Welkom:
Die koerantberigte het destyds te kenne gegee dat ’n prokureur van Welkom drie lewenslange tronkvonnisse in die gesig staar.
Hy het ná sy pleit van skuldig van regspan verander, onsuksesvol aansoek gedoen dat Regter Soma Naidoo haarself rekuseer en daarna gepetisioneer na die Appèlhof teen haar beslissing.
Die saak sou op 12 Junie vanjaar voortgesit word, maar is daar nêrens enige beriggewing oor wat op daardie datum gebeur het nie.
Meer as vier jaar het verloop sedert die prokureur aanvanklik aangekla is en meer as twee jaar nadat hy skuldig gepleit het.
Maar ondertussen loop hy vry en onverstoord in ons gemeenskap rond.
Wat is hier aan die gang?