Vrae hang nog oor 3 sterftes

’n Brand wat op ’n munisipale perseel in Vierdestraat, Welkom, uitgebreek het, het die lewe van drie ongeïdentifiseerde mense geëis.

’n Brand by ’n munisipale perseel in Vierdestraat, Welkom, het Woensdag (05/03) die lewens van drie ongeïdentifiseerde mense geëis.

Verskaf

’n Brand wat op ’n munisipale perseel in Vierdestraat, Welkom, uitgebreek het, het die lewe van drie ongeïdentifiseerde mense geëis.

Volgens kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder, is ’n gebou op 3 Mei in die vroeë oggendure in die brand verwoes.

“Ná die brand het ’n ondersoek gelei tot die ontdekking van drie lyke wat onherkenbaar verbrand is. Dit kon nie vasgestel word of hulle manlik of vroulik was nie,” sê sy.

Die polisie het bevestig dit was ’n munisipale pakkamer waar nuwe watermeters, plastiekwaterpype en dokumente gehou is.

Vrae is geopper oor hoekom daar geen sekuriteit by die gebou was nie, wat presies daar geberg word en wat die brand veroorsaak het.


Vista
verneem dit was in werklikheid ’n verlate munisipale gebou en die drie oorledenes was hawelose mense wat skuiling gesoek het.

Vista het intussen die munisipaliteit gevra of die brand en die sterftes ondersoek word, en watter optrede toegepas is om hierdie soort voorval in die toekoms by munisipale geboue te voorkom.

Teen druktyd is geen kommentaar ontvang nie.

You need to be Logged In to leave a comment.