Welkom-Gimnasium se eerste netbalspan het Saterdag (11/05) by die Hoërskool Wessel Maree met die Lejwelep­utswa-uitspeelwedstryde die liga gewen. Die span het in die eindstryd teen die Hoërskool Goudveld met een doel gewen. Gimmies het daarmee deurgedring na die Vrystaatbeker-uitspeelwedstryde wat Donderdag (16/06) en Vrydag in Bloemfontein beslis word. Die wenspan is van links, voor: Lehakwe Mopeli, Jana Scott, Phatiwe Ntobela (kaptein), Simoné Cloete, Milana Muller en Relebohile Nkobo Credit: SYSTEM

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025