Atletiek Suid-Afrika het ‘n voorlopige nasionale span
van 20 atlete vir die Wêreld-atletiekkampioenskappe wat van 15 tot 24 Julie in
Eugene, Oregon, gehou word.
Onder die dertien mans in die voorlopige groep is atlete soos die Olimpiese finalis Akani Simbine, wat sal deelneem aan die
jaagtog na die podium in die 100m-naelloop en wêreldrekordhouer Wayde van
Niekerk, wat sal hoop om sy beste vorm in die 400m-kompetisie te herwin.
Die voorlopige vrouespan van sewe lede beskik oor
prominente atlete soos die nasionale rekordhouer Carina Horn (100 m), die
in-vorm middelafstand-ster Prudence Sekgodiso (800 m) en ervare
langafstand-hardloper Dominique Scott-Efurd (10 000 m).
Alle atlete in die voorlopige ASA-span het voldoen
aan die kwalifiserende kriteria vir die Wêreld-atletiekkampioenskappe, wat vir
die eerste keer gehou word sedert die skouspel laas in 2019 in Doha, Katar,
gehou is.
Atlete wat hoop om aan Eugene deel te neem, kan
steeds by die nasionale span gevoeg word, mits hulle aan die einde van die
kwalifiserende tydperk, wat hierdie Sondag, 26 Junie 2022 sluit, die vereiste
kriteria bereik.
Die finale ASA-span sal aangekondig word nadat die
kwalifiserende venster gesluit is.
“Daar is net vyf dae om te kwalifiseer en dan is
die deur gesluit vir die Wêreldkampioenskappe in Oregon. Ons hoop meer atlete
sal nog kwalifiseer sodat ons ‘n groter span kan hê. Atlete wat nog ’n
kwalifiseerder soek, moet alles doen om die klein venstertjie wat oor is, te
gebruik,” het James Moloi, die president van Atletiek Suid-Afrika, gesê.