Voëlgriep bereik keerpunt; herstel begin

Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf is vinnig op pad na herstel van die onlangse hoogs patogene voëlgriep-uitbrekings wat produsente sedert Januarie teister.


Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf is vinnig op pad na herstel van die onlangse hoogs patogene voëlgriep-uitbrekings wat produsente sedert Januarie teister.

Met sterk biosekuriteit-protokolle en moniteringsprogramme ingestel, dui bewyse daarop dat die infeksiekoers ’n hoogtepunt bereik het; en ná baie ernstige kommer, aanvanklik, is die herstelproses aan die gang.

Tot op hede is 8,5 miljoen hoenders van kant gemaak om uitbrekings van die H7- en H5-voëlgriepstam te stuit. Dit sluit effens meer as 2,5 miljoen braaihoenders in, en ongeveer 6 miljoen van Suid-Afrika se laagtrop.

Dit is ’n beduidende deel van die nasionale kudde en baie pluimveeboere is erg deur die uitbreking geraak.

Die bedryf se vinnige optrede het die ergste van die uitbreking versag en verskeie oplossings is ingestel om die invloed op boere en verbruikers te verlig.

Oplossing in die honderbedryf

• Die bedryf het die ouderdom van nie-geaffekteerde troppe met ’n bykomende 2-3 weke verleng.

• Die bedryf het begin om die uitbroei van 2de graad eiers in te sluit.

• Strategiese reserwes van bevrore pluimvee-voorraad wat oorgedra is van die afgelope winter (toe daar ’n laer vraag na hoender was) sal die bedryf ’n geleentheid bied om enige hoender-tekorte oor die feestyd te verlig. Ná die Desember-piek daal die aanvraag, en die pluimveebedryf verwag voortaan ’n balans tussen vraag en aanbod.

• Voorspelde invoervolumes vir die volgende drie maande lyk stabiel en styg, wat ook plaaslike aanbod sal aanvul en help om enige moontlike tekort aan te spreek.

Die ingrypings is ontwerp om enige korttermyn-voorraadtekorte te omseil.

Na dié vinnige optrede verwag die bedryf dat enige tekorte hierdie feestyd minimaal sal wees.

Spekulasie oor groot tekorte aan hoender vanjaar en in 2024 is dus nie op die feite gegrond nie en neem geen van hierdie onlangse verwikkelinge in ag nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.