Vista-lesers het dié stories in 2023 verslind

Kyk saam terug op die nuus wat Vista se lesers laat gons het.

Riebeeckstad en Matjhabeng as ’n geheel, se waterkrisis het week na week die hoofopskrifte van Vista gehaal.Foto: Netwerk24

Credit: SYSTEM

En so kom ’n opwindende en nuusbelaaide 2023 tot ’n einde.

Dwarsdeur hierdie warrelwind-jaar het Vista daarna gestreef om te verseker dat brekende nuus, gemeenskapsnuus, mensenuus en nuus in die algemeen sy lesers blitsig bereik.

Hier is die vyf topstories vir die jaar:

Wie kan die angstige dae van watertekorte wat die streek, maar veral Riebeeckstad, geteister het, vergeet. Dae sonder water was die inwoners se voorland.

https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/vista/nuus/droogte-20230201-6

Die Hills-moorde op Hennenman het die gemeenskap geruk. Die vonnisoplegging van die moordenaars het opslae gemaak.

Die Hills-moorde in Hennenman, en die daaropvolgende vonnisoplegging van die moordenaars het in Februarie die hoofopskrifte gehaal.Foto: Netwerk24
https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/vista/nuus/die-reg-seevier-20230222-2

Die aftrede en weggaan van ’n geliefde Goudveldse dokter het nie net sy pasiënte geruk nie, maar ook honderde Goudvelders wat hom en sy gesin oor die jare leer ken het.

Dr Francois de Wet se aftrede en verhuis uit die Goudveldhet in Februarie mense se harte geraak. Foto: Netwerk24
https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/vista/nuus/dr-verruil-goudveld-na-32-j-vir-wes-kaap-20230222-2

Die grusame ongeluk waarin ’n jong egpaar dood is, het, het ook Vista se lesers in November geraak.Foto: Netwerk 24

’n Motorongeluk wat ’n jong egpaar weggeraap het, en twee jong seuns wees gelaat het, het die gemeenskap in rou gedompel.

https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/vista/nuus/broers-groet-ouers-20231101-2

Goeie nuus maak nie altyd hoofopskrifte nie, maar dit laat jou lesers goed voel.Foto: Netwerk24

Goeie nuus is ook treffend, en wanneer ’n geliefde in die onderwys vir haar onbaatsugtige werk geëer word, laat dit ’n mens se hart warm klop.

https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/vista/nuus/staatmaker-in-onderwys-kry-groot-lof-20231108-2
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.