Virus bring ASA tot stilstand

Die organisasie Atletiek Suid-Afrika (ASA) het Maandag (16/03) aangekondig dat alle atletiekbyeenkomste, ongeag op watter vlak, vir 30 dae opgeskort is. Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondag (15/03) ’n nasionale noodtoestand weens die koronavirus verklaar het. Streng voorsorgmaatreëls is in plek gestel om die virus te bestry. ASA het ’n verbod op verskeie byeenkomste…


Die organisasie Atletiek Suid-Afrika (ASA) het Maandag (16/03) aangekondig dat alle atletiekbyeenkomste, ongeag op watter vlak, vir 30 dae opgeskort is. 

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondag (15/03) ’n nasionale noodtoestand weens die koronavirus verklaar het. 

Streng voorsorgmaatreëls is in plek gestel om die virus te bestry.

ASA het ’n verbod op verskeie byeenkomste geplaas: 

* Alle atletiek in skole insluitend die ASA-nasionale skolekampioenskappe is uitgestel. 

* Provinsiale en klubaktiwiteite, pretlope, park­runs, padwedlope, landloopbyeenkomste, veldwedlope en baan- en veldatletiekbyeenkomste is gestaak

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.