Die Hoërskool Hentie Cilliers en die gemeenskap van Virginia het groot rede om trots te wees: ‘n Indrukwekkende aantal plaaslike rugbyspelers én afrigters is in onderskeie provinsiale hoërskool-Griffon-spanne ingesluit.
Dit is ‘n weerspieëling van die werk wat deur die Virginia-sportakademie (VSA), onder leiding van Chris Coetzee, gedoen word.
Die sewe leerlinge van Hentie Cilliers wat vir die Griffon-o.18-Craven-week-span gekies is, is Reabetswe Olifant, Davian Pule, Olereko Sebatana, Xander Wiltshire, Joze Draghoender, Siba Bucwa en Tyrese Baartman.
Frans Crous van dié skool is as die spanbestuurder gekies, en Taro Maarman van die VSA is as hulpafrigter aangewys.
Norman Nelson, ook van die akademie, is as die hulpafrigter van die Griffon-o.18-Akademie-span aangewys.
Drie jong sterre van Hentie Cilliers – Gershwin Andrews, Bokamosa Moji en Sibusiso Mazibuko – is in die Griffon-o.16-Akademie-span ingesluit, waar hulle hul talent verder sal slyp.
Nthando Kana is ook in dié span nadat ‘n onttrekking plaasgevind het.

Alex Matlou, Monray Mostert en Neo Oliphant is vir die Griffon-o.17A-liga-span gekies.
Die span word deur Brandon Kriek bestuur, nog ‘n verteenwoordiger van Hentie Cilliers.
Hierdie uitsonderlike insluitings wys dat die strewe na sportuitnemendheid in Virginia vrug afwerp.
Die VSA speel ‘n sleutelrol in die identifisering en ontwikkeling van talent in die streek, en dit dra op hierdie manier tot die nasionale rugbylandskap by.

You must be logged in to post a comment.