Die oorledene is Saterdag 7 Oktober omstreeks 16:00 ontdek. Hy het ’n groen broek, ’n swart t-hemp, ’n vlootblou baadjie en wit Adidas-tekkies aangehad.Foto: Argief


’n Geregtelike nadoodsondersoek is geregistreer nadat die erg ontbinde lyk van ’n onbekende man in sy laat 40’s by die Sandriver-brug by Virginia gevind is.

Die oorledene is Saterdag 7 Oktober omstreeks 16:00 ontdek. Hy het ’n groen broek, ’n swart t-hemp, ’n vlootblou baadjie en wit Adidas-tekkies aangehad. Hy het ’n baard, en ’n silwer ring aan die linkermiddelvinger gehad.

Die polisie soek na sy familie vir uitkenningsdoeleindes.

Enigiemand met inligting kan dit deel by 057-910-8282 of 082-301-3062.

Inligting kan ook deur die Stop Misdaad-nommer gedeel word by 08600-10111 of die My SAPS-App.

You need to be Logged In to leave a comment.