Groot was Chantelle Fritz se verbasing Saterdag toe haar man, LaFras, haar met ’n nuut oorgedoende pers Chevrolet ’43 Pickup as geskenk vir hul 30ste huweliksherdenking verras het. Die groot onthulling is gedoen ten aanskoue van tientalle toeskouers op die jaarlikse Cars in the Park-geleentheid. Chantelle sê sy is mal oor ou motors; dit is ’n passie wat sy en haar man deel. “Ons huweliksherdenking was in Maart. Die Chev was toe nog nie klaar nie, maar ek het nie gedink ek sou dit hier op die motorskou voor almal ontvang nie. Dit is inderdaad ’n baie groot geskenk,” sê sy.