Vier vrouwees vryelik

Ons vier vroue van vandag. Vroue wat wyse bouers is. Ons bou deur ons toewyding aan God, aan onsself, ons gesinne, ons kerke, in ons gemeenskappe en die wêreld.


Ons vier vroue van vandag. Vroue wat wyse bouers is. Ons bou deur ons toewyding aan God, aan onsself, ons gesinne, ons kerke, in ons gemeenskappe en die wêreld.

Ons kan so maklik dink ons is tweede geskep (“ek is nie so belangrik nie”) maar ek wil verskil. Ons as vroue is soos die kersie op die koek van God se skepping. Nadat alles voltooi is, het God gesê dit is goed. Ek weet ons is soos room op die cappuccino, die eggo van die simfonie se laaste noot. Jy is baie spesiaal; uniek en die beste vrou, ma, vriendin.

Ons as vroue weerspieël die beeld van God op ’n unieke manier Z Hy het aan jou unieke eienskappe gegee; vir elkeen van ons. Het jy al gedink dat jy vandag, daar waar jy is, uniek is?

As ons onsself kan herinner aan Sefanja 3:17: Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde.

Hy jubel en juig oor jou.

Dit is hier waar ons weer in verwonderling kan stil word en vir ons Vader kan dankie sê. Hy is by my! Dan weet ek soos wat God se Woord my herinner dat twee vaar beter as een. Ek kan Psalm 121 lees en weet my hulp kom van Hom wat by my is.

Op ’n ligter noot was daar ’n SMS wat ek lank terug ontvang het. Dit het gelees:

“Hoekom het Eva die verbode vrugte geëet? Omdat sy nie ’n vriendin gehad het nie. As sy ’n vriendin gehad het, dierbaar soos jy, het hulle koffie en koek geëet en uit die moeilikheid gebly.”

Kom ons deel in hierdie maand weer as vroue saam met mekaar. Kom ons eet koek, drink koffie en vier die vreugde dat God by ons is. Hy het elkeen van ons uniek geskep. As gebed wil ek vir elke vrou bid:

  • Ons Vader, u ken elkeen van ons so goed. U weet hoe uniek is ons. Gebruik ons, in ons gesinne, by die kerk, in ons gemeenskappe en die wêreld. Amen.Heidi Mc Laren is ’n jeugleraar by die NG kerk Bedelia.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.