Die NG kerk St. Helena het op 3 Junie sy 70ste bestaansjaar gevier.

Verskaf Credit: SYSTEM

Die NG kerk St. Helena het op 3 Junie sy 70ste bestaansjaar gevier.

Die gemeente het op dié dag in 1952 van die Odendaalsrus-gemeente afgestig en het aanvanklik die kerksaal vir eredienste gebruik. Die kerkgebou het later bygekom en is tydens die Pinksterfees van 1961 ingewy. Dit was ’n geskiedkundige gebeurtenis, omdat dit die enigste NG-kerkgebou in Suid-Afrika is wat tydens die honderdjarige bestaan van die Pinksterfeeste in gebruik geneem is.

Die kerkklok is in Duitsland vervaardig en het R1 000 gekos. Die algehele koste van die kerkgebou was R36 000 en die kerk se orrel is teen R8 600 deur die susters van die gemeente geskenk.

Dr. A.P. Treurnicht, redakteur van die destydse DieKerkbode, het die inwydingsdiens van die kerkgebou behartig.

You need to be Logged In to leave a comment.