Inbrekers slaan gate in die mure van snoepwinkels om toegang te kry.Foto: SAPS


Die polisie in Bultfontein is op soek na die makkers van ’n man, wat hulle reeds in hegtenis geneem het, vir diefstal uit snoepwinkels.

Dié man en sy makkers gebruik glo hamers om deur die mure van die snoepwinkels te breek om só toegang te verkry.

Lede van die polisie in Bultfontein is Donderdag (18/08) omstreeks 01:30 na die toneel van ’n inbraak by ’n snoepwinkel ontbied, en ’n 27-jarige verdagte is in sy voertuig gekry. Hy is deur konst. Vuyisile Kabuza in hegtenis geneem, en die polisie soek na nog vier verdagtes.

Twee inbrake in Odendaalsrus, waar dieselfde modus operandi gebruik is, word ook ondersoek.

Enigeen met inligting wat tot die inhegtenis­neming van die voortvlugtendes sal lei, kan speursers. Nthabiseng Mokake van die Bultfontein-speurdiens by 073-963-7156 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.