Ds Philip Mc Laren NG Bedelia.


Daar kom tye in ons lewens waar ons onsself bevind voor ’n see van water waardeur ons nie kan of wil beweeg nie, ’n doodloopstraat.

Dit kan gebeur nadat ek al harde, woestynpaaie in my lewe beleef het.

In Eksodus 14:22 lees ons dat die Israeliete op droë grond deur die see gegaan het.

Die Israeliete het jare van slawerny agter die rug en die harde steengroef werke is verby, ’n nuwe dag het aangebreek. Die daglig het weer donker geword toe hulle die stofwolke van Faroa se leer opmerk. Hulle teleurstelling was groot, die see van voor en vyand van agter. Moses moedig die volk aan om die Here te vertrou. Sonder wapens, sonder om die krisis in eie hande te neem, veg die Here vir Sy volk. Die volk aanskou ’n geloofsdaad, die see verdeel en die volk beweeg droogvoets deur die see. Ons moet die Here met alles vertrou. Moenie jou eie kop volg en eie planne maak.

In Psalm 46 : 11 lees ons: “Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.”

Ons het ’n verantwoordelikheid om soos die volk van God deur die watermure van die krisis te beweeg, met jou geloofsoë op Christus gerig.

Gebed: Hemelse Vader, ons bid vir soveel waters voor ons, wat ons so bang maak. Help ons om U raak te sien en nie ons uitdagings nie. Dankie dat ons weet U hoor ons stem.



) Ds. Philip Mc Laren is van die NG kerk Bedelia.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025