Onwettige sigarette met ’n geraamde waarde van R900 000 is in ’n vragmotor in Stateway, Welkom gevind. Die polisie het ’n 21-jarige man in hegtenis geneem. Foto: SAPD


Die polisie het ’n verseekte kompartement in die vragruim van die voertuig gevind.Foto: SAPD

Die polisie in Welkom het beslag gelê op onwettige sigarette met ’n geraamde waarde van R900 000 en ’n jong man is in hegtenis geneem.

Op 27 September het lede van die teennarkotika-eenheid, in samewerking met die Welkom K9-eenheid en private sekuriteit, inligting oor ’n vrag onwettige sigarette opgevolg. Die verdagte vragmotor is geïdentifiseer en die polisie het dit in Stateway voorgekeer.

Toe hulle die deur van die vragmotor oopmaak, het dit gelyk asof die vragruim leeg was. By verdere inspeksie is ’n versteekte kompartement egter agterin die vragmotor ontdek.

Hierbinne het die polisie bokse met kartonhouers onwettige sigarette gevind.

Die 21-jarige verdagte is ingevolge die Wet op vervalsing en die besit van onwettige goedere in hegtenis geneem. Daar is op die sigarette en die Dyno-vragmotor beslag gelê.

You need to be Logged In to leave a comment.