Die voortgesette water- en sanitasie-menseregteskendings in die Vrystaat is nou na ’n internasionale vlak verhoog.
Die DA in die Vrystaat se voorlegging aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) is saamgevat in ’n artikel van ses bladsye wat hierdie week direk aan 25 000 internasionale navorsers en beïnvloeders in 173 lande versprei is.
Benewens dié direkte uitreik, publiseer die Outreach Network se sosiale media gemiddeld 115 000 betrokkenheid en 1,4 miljoen indrukke per publikasie. Die skryfstuk ontbloot die impak van die watergebaseerde broosheid op die politieke, ekonomiese, omgewings-, sekuriteits- en sosiale regte van individue.
Die doel van die internasionale sosiale media-veldtog is om te verseker dat die lot van individue en gemeenskappe in die Vrystaat in elke dorp wat vir lang tye beurtwaterbeperkings moet verduur en hul gesondheid bedreig word deur voortdurende rioolbesoedeling, deur mense van invloed en navorsers regoor die wêreld.
Hierdie menseregtevergrype is ’n skending van die grondwetlik gemandateerde regte van individue in Suid-Afrika en verdien internasionale aandag.
Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, sê die ANC se aanspraak om krane en toilette in huishoudings en naby informele wonings te lewer, klink hol wanneer krane geen water en rioolstelsels het nie, is disfunksioneel is en laat rou riool deur erwe, in strate af en in riviere, damme en strome vloei.
“In baie gevalle is hierdie besoedelde riviere, damme en strome die enigste bron van water vir mense, diere en landbouproduksie,” sê hy.
“Ons sal dié regering se skynheiligheid in hul selektiewe menseregte-aktivisme in die buiteland blootlê, terwyl menseregte in Suid-Afrika geskend word wat die gevolg is van onverpoosde korrupsie en wanadministrasie. Die kommunisties-gebaseerde kaderontplooiing (demokratiese sentralisme) wat deur die ANC-geleide regering oor al drie regeringsfere geïmplementeer is, is ’n hoofoorsaak van hierdie situasie,” sê hy.