Die Vrystaatse departement van water en sanitasie (DWS) het ’n projek begin om die Sandriver by Virginia skoon te maak.
Dit is in ooreenstemming met die departement se jaarlikse Clear Rivers-veldtog.
Die skoonmaak van die Sandrivier was ’n gesamentlike poging tussen die Matjhabeng-munisipaliteit, Vaal Sentrale Waterraad (voorheen Bloemwater), die Departement van Ekonomiese, Kleinsakeontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake in die Vrystaat en Coca-Cola Beverages South Africa.
Die Clear Rivers-veldtog het ten doel om gemeenskappe aan te moedig om waterbronne, riviere en strome naby hul woongebiede skoon te maak en te onderhou.
Die Sandrivier is geïdentifiseer as die area wat vir hierdie veldtog skoongemaak moet word.
Ananias Mamabolo het die DWS tydens hierdie veldtog verteenwoordig. Hy het rommelstrooiing, sortering vir herwinning asook die behoorlike gebruik van vullisdromme uitgelig as sake wat aandag nodig het.
“Die veldtog gaan nie net oor skoonmaak nie, maar ook om die omgewing te versorg en te verbeter. Wanneer mense naby riviere strooi, moet die munisipaliteit of owerhede meer geld aan chemikalieë bestee om die water wat dieselfde gemeenskap moet drink skoon te maak,” het hy gesê.