Op 3 September het drie stoeiers van die Goudveld-stoeiklub aan die Vrystaat- kampioenskapsbyeenkoms in Bothaville deelgeneem. Al drie is gekies om die Vrystaat op die nasionale kampioenskapsbyeenkoms, wat van 6 tot 8 Oktober in Stellenbosch aangebied word, te verteenwoordig. Van links is Wiets Behr (afrigter), Xavier Rautenbach (o.9), Wiehan Behr (o.15) en Juan van Heerden (o.15). Al drie stoeiers het goue medaljes ontvang.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM