Die vermiste 13-jarige Jessica Zumari Nagel is veilig teruggevind nadat sy Vrydag as vermis aangemeld is.
Die meisie is in die veilige sorg van die polisie in Odendaalsrus gehou, terwyl hulle gewag het vir haar ouers, wat in Oos-Londen was om haar te kom haal en huis toe te neem.
“Die polisie bedank die gemeenskap vir hul hulp om Jessica te vind,” sê kapt. Aizzah Ntsiane.
Jessica se familie het Vrydag die polisie se hulp ingeroep toe sy die laaste keer by familie se huis in Odendaalsrus gesien is. Sy is vandaar na die Welkom-bushalte om na Oos-Londen te reis toe sy vermis geraak het.


