Verkopers van vervalste goedere in Hoopstad vasgevat

’n Gesamentlike optrede het hard toegeslaan op buitelandse sakelui wat vervalste goedere in Hoopstad verkoop.


’n Gesamentlike optrede het hard toegeslaan op buitelandse sakelui wat vervalste goedere in Hoopstad verkoop.

Op 10 Mei is dié optrede, gelei deur die waarnemende stasiebevelvoerder van die Hoopstad-polisiekantoor, AO Teboho Mofammere, saam met mans en vroue in blou sowel as die Vrystaatse dobbel-, drank- en toerisme-owerheid, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) en die Vrystaatse departement van ekonomiese en kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake (Destea), in Hoopstad uitgevoer.

Vyf winkels is besoek en vervalste goedere is gevind, waarop beslag gelê is. Elkeeen van dié winkeleienaar is ’n boete van R1 500 opgelê.

“Hierdie gesamentlike optrede sal altyd ’n duidelike boodskap stuur aan sake-eienaars wat nie aan die wette van die land voldoen nie,” sê kapt. Stephen Thakeng, mediaskakelbeampte van die polisie in Lejweleputswa.

You need to be Logged In to leave a comment.