Vergeet ander stemme, fokus op God

Mary Southerland maak ’n stelling: “Stres kom wanneer ons al die ander stemme in ons lewe toelaat om die een stem wat regtig saak maak, naamlik die stem van God, uit te doof en stil te maak.”.


Mary Southerland maak ’n stelling: “Stres kom wanneer ons al die ander stemme in ons lewe toelaat om die een stem wat regtig saak maak, naamlik die stem van God, uit te doof en stil te maak.”

Ons is almal partykeer so besig, dalk “te” besig. Neem tyd om te doen wat Maria in Lukas 10 gedoen het – gaan sit by Jesus se voete en luister na sy Woord.

Dit gaan meer oor die “wat” en nie die “hoe” nie. Elkeen van ons kan dalk reeds ’n metode of plan hê as gids vir persoonlike toewyding aan God. Daar is geen verkeerde of “regte manier” om tyd saam met God deur te bring nie. Hier is drie voorstelle:

  • Berei jou hart voor. (Job 11:13)
  • Luister na God. (Esegiël 3:10)
  • Reageer op God. (Psalm 119)

Goeie raad is: Berei jou hart voor reik jou hande na Hom uit. Dit doen ons natuurlik met lofprysing en aanbidding, maar ook deur te vra. Luister met jou hart én ore. Raak ontslae van al die ander stemme en reageer op God. Dit wil sê: Hoe pas ek toe wat ek gehoor het?

Pastoor Marus Swart, AGS Welkom-Noord Damaskus

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.