Verduidelikings oor vuil water weerspreek mekaar

Daar is groot verwarring en bekommernis oor die oorsaak van die vuil bruin water wat uit die krane in Matjhabeng stroom.

’n Skoon bad vol water ná ’n lang dag by die werk is nie ’n opsie vir die inwoners van Matjhabeng nie.Foto’s: Verskaf

Credit: SYSTEM

Daar is groot verwarring en bekommernis oor die oorsaak van die vuil bruin water wat uit die krane in Matjhabeng stroom.

Op 8 Februarie is inwoners van Matjhabeng deur Vaal-Sentrale Waterraad (VCW) ingelig dat oormatige verkleuring in die drinkwater van die Balkfontein-aanleg ervaar word.

Om kos te maak, wasgoed te was is buite die kwessie.

Hulle skryf dit toe aan ’n seisoenale verskynsel, wat jaarliks ??aan die begin van die eerste swaar reënbuie voorkom. Hulle het verduidelik dat die verkleuring weens oormatige organiese materiaal in die Vaalrivier is en het inwoners verseker dat hul ontleding van organiese materiaal in die drinkwater voldoen aan die parameters van drinkwaterspesifikasies.

Dit hou geen gesondheidsrisiko vir mense in nie. ’n Paar dae later, op 15 Februarie, het die munisipaliteit egter ’n brief aan inwoners uitgereik waarin hulle aangeraai word om drinkwater te kook en te laat afkoel voor gebruik.

Inwoners kan ook 1 teelepel (5 ml) bleikmiddel by 25 liter water gooi, en dit laat staan vir ten minste twee uur ??voordat dit gebruik word.

“Hierdie skielike verandering in kommunikasie en die implementering van voorsorgmaat-reëls deur die munisipaliteit word beskou as pogings om hul versuim om die hoofoorsaak van die probleem aan te spreek, te masker,” sê Maxie Badenhorst, DA raadslid in Matjhabeng.

Om die verwarring te vererger het nog ’n brief van VCW op 18 Februarie gesê dat die langdurige waterverkleuring is heelwaarskynlik weens lae vlakke van reënval in die opvangsgebied van die Vaalrivierstelsel, wat hul vorige verduideliking weerspreek.

“Die teenstrydige inligting verskaf deur VCW en die munisipaliteit is onaanvaarbaar en verontagsaam die gesondheid en veiligheid van inwoners. Ondanks die versekering van VCW, kan die verkleuring en potensiële gesondheidsrisiko’s verbonde aan verhoogde e-coli-vlakke wat gevind is in ’n onafhanklike toets, wat op ’n watermonster geneem is in Doorn, Welkom, nie geïgnoreer word nie,” sê Badenhorst.

Sy sê verder is die gebrek aan deursigtigheid en aanspreeklikheid om die waterkrisis op te los, is problematies.

Inwoners word in die duister gelaat, onseker oor wie om te vertrou of waar om betroubare inligting te kry.

“Dit is skending van openbare vertroue en ’n pligsversuim van diegene wat toevertrou is om die welstand van ons gemeenskap te verseker,” sê sy.

Badenhorst sê verder hulle eis onmiddellike en beslissende optrede om hierdie krisis reg te stel en diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik te hou.

“Inwoners verdien beter as onbetroubare gerusstellings en halfhartige maatreëls. Voorstelle vir inwoners om filtreerstelsels aan te skaf en die was van klere te beperk totdat die situasie opgelos is, is onaanvaarbaar. Ons doen ’n beroep op relevante owerhede, insluitend die minister van water en sanitasie om ’n deeglike ondersoek na die oorsake van die waterkrisis te doen, maatreëls te implementeer om die kwessie stiptelik aan te spreek, en gereelde en eerlike opdaterings aan die publiek te verskaf oor die vordering wat gemaak is.”

You need to be Logged In to leave a comment.