Met die opening van die jaarlikse Welkom Wintermark wat op Stemdag begin het, het Goudvelders in hul honderde opgedaag. “ ’n Suksesvolle mark is aangebied en beloftes is gestand gedoen,” sê Salome Nel, een van die organiseerders. “In afwagting is maande se voorbereiding op die toets gestel. Organiseerders se harde werk was beloon, en pret en plesier was aan die orde van die dag. Musiek in die agtergrond, die skoolkore met engelstemme het die aandlug gevul en die vertonings het aan oud en jonk van tonne vermaak en pret voorsien.” Melissa Maritz, Wilmien Godfrey en Nel het in 2021, in samewerking met Nalda Prinsloo van die Salt and Pepper-venue, die eerste Wintermark in Welkom begin. Die vier vroue het geensins teleurgestel nie. “Baie dankie Goudvelders vir jul ondersteuning. Ons sien uit na Wintermark 2025,” sê hulle. Foto: Ryno Kirsten