Vyf onwettige immigrante is tydens ’n gesamentlike optrede van Operasie Vala uMgodi op die N1 by Ventersburg in hegtenis geneem.
Betrokkenes by Operasie Vala uMgodi, wat in
sluit die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Departement van Binnelandse Sake het ’n misdaadvoorkomingspadverspering op N1-pad naby Ventersburg beman.
Daar is 376 motorvoertuie en 582 persone deursoek.
Die polisie het ook tien vuurwapens getoets.
Die operasie is uitgebrei na G-Hostel-eenhede in Constantiastraat, Thabong.
Die span het beslag gelê op een Phenduka met ’n staander, agt staalballe en vier staalpanne tesame met gouddraende materiaal wat 59,26 kg weeg.
Drie verdagtes van 19, 28 en 44 jaar oud is in hegtenis geneem.
Sake van besit van vermoedelik gouddraende materiaal, goudverwerkingstoerusting en die Wet op Oortreding van Immigrasie is by die Thabong polisie geopen.