n Blou Dell-skootrekenaar is gevind en die huiseienaar kon nie dokumente vir die besit daarvan verskaf nie. ’n Verdagte (33) is in hegtenis geneem vir die besit van ’n vermoedelik gesteelde skootrekenaar.

SAPD

Lede van Welkom Openbare Orde Polisiëring was besig met sigbare polisiëring toe hulle inligting van ’n inwoner van Kutloanong ontvang oor vermoedelik gesteelde eiendom.

Die polisie het toestemming gekry om ’n huis in K6, Kutloanong, te deursoek.

’n Blou Dell-skootrekenaar is gevind en die huiseienaar kon nie dokumente vir die besit daarvan verskaf nie. ’n Verdagte (33) is in hegtenis geneem vir die besit van ’n vermoedelik gesteelde skootrekenaar.

Nog inligting is aan die polisie van Welkom gegee oor ’n man wat in dwelms handel dryf in K10, Kutloanong. Op 22 Mei is die huis deursoek.

Tydens die ondersoek het die polisie ook ’n plastiekbroodsak gevind met 19 sakkies crystal meth, 2 halwe Mandrax-tablette en 7 kwart Mandrax-tablette. Daarna is ’n man (29) in hegtenis geneem met R430 in sy besit. Die polisie het op alles beslag gelê. Die man sal binnekort in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025