’n Man is deur die Welkom-polisie in hegtenis geneem nadat ’n vrou in Qwaqwa, Vrystaat, verkrag is.
Die vrou is in Maart 2011 by die Mphatlalatsane-afdeling in Tseki, Qwaqwa, deur twee verdagtes verkrag.
Die eerste verdagte is in hegtenis geneem en die tweede was steeds op vrye voet.
’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik.
Die Welkom-polisie se eenheid vir openbare orde (POP) het ’n wenk ontvang oor waar dié verdagte hom bevind.
Op 21 Maart is die verdagte in Thabong in hegtenis geneem.
Sers. Tlaleng Mohale van Phuthaditjhaba se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) ondersoek die saak.