Die Thabong-polisie soek na ’n onbekende man wat Mathapelo Thabana (51) by haar huis in Freedom Square in Thabong doodgeskiet het.
Die voorval het op Sondag 24 September omstreeks 02:00 plaasgevind.
Volgens berigte was Thabana saam met haar man en bure by die huis toe ’n onbekende man die deur oopmaak en na bewering ’n geweerskoot op haar man afgevuur het, wat hom aan die onderste deel van die maag getref het. Hy het hom ook in die regterbeen geskiet.
Die man het geld van Thabana geëis, wat vir hom gesê het dat sy nie geld het nie.
Haar man, wat toe in die slaapkamer weggekruip het, het verskeie skote gehoor.
Toe hy uit die kamer kom, was die man weg. Die polisie is ontbied, waarna Thabana dood verklaar is.
Enigeen met inligting wat sal help om die verdagte op te spoor, kan konst. Sechele Machesa van die Thabong-polisie by 068-020-4719 bel, of die Crime Stop-nommer by 08600-10111.